Broskors deeg

Broskors deeg

Hierdie wonderlike resep kan vir soet en sout terte gebruik word, laat net die suiker uit en dit is perfek vir worsrolletjies, hand pasteie en groot pasteie.
Dit maak mooi vormpies as jy randte wil afwerk.
Verder kan mense met eier allergieë net die eier uitlaat en die vog in die resep verhoog.

500 g koekmeel
20 g strooisuiker
10 g sout
300 g botter
2 eiergele – kan vir eier allergieë uitgelaat word
120 ml koue water

Sif al die droë bestanddele saam.

Rasper die koue botter in die koekmeel in en vryf verder met die vingerpunte in totdat dit soos broodkrummels lyk. Jy kan die voedsel verwerker vir hierdie stappie inspan.

Maak ‘n holte in die middel van die koekmeel en voeg die eiergele en die helfte van die water by. Onthou, al die eiers is nie dieselfde grootte nie dus sal jy self moet bepaal of die deeg te min of te veel vog in het.

Die deeg moet aan mekaar gedruk word en nie te veel geknie word nie, 2 minute is genoeg. Die tekstuur van die deeg moet sag maar nie klewerig wees.

Laat die deeg 2 ure rus sodat die stysel korrels die vog maksimaal kan absorbeer.

Hierdie deeg kan vir soet en sout pasteie gebruik word.

Wanneer die deeg aanvanklik gebak word is dit by ‘n hoë temperatuur en later word die hitte verlaag, dit help dat die basis nie pap word en die kors mooi uit pof. Bak by 220 ˚ C vir 10 minute en verlaag dan na 190 ˚ C totdat die deeg mooi bruin is.

Wanneer jy ‘n baie nat vulsel gebruik (en wil voorkom dat die basis pap word) gaan soos volg te werk. Voordat die tertdop blind gebak word, smeer die basis met eierwit en sprinkel met droë broodkrummels of polenta, dan blind bak jy, dit sal verseker dat die basis bros bly. Hierdie het ek by ‘n Franse Chef geleer in my studie jare tydens indiensopleiding.

LEWER: 750 g deeg.

BRON: Annelien Pienaar.

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-04-24T07:31:56+00:00 3 Comments

3 Comments

  1. Albie Mare April 29, 2017 at 6:07 am - Reply

    Die broskorsdeeg is regtig ‘n geen nonsens toe-oe-gebruik-resep. Albie

  2. Tolla July 12, 2017 at 8:42 am - Reply

    Heerlik en baie maklik. My eerste poging met bros kors deeg, en die resep was maklik om te verstaan en die oorskiet kerrie hoender pastei was ‘n groot sukses. Volgende keer sit ek suiker by en maak ‘n soet tert. Niks kan my nou stop nie!! Dankie Annelien.

    • Annelien July 13, 2017 at 6:44 am - Reply

      Wonderlike nuus…geniet in hoofletters. Groete Annelien

Leave A Comment