Speculaas koekies met eie Speserye resep

Speculaas koekies met eie Speserye resep

Speculaas is nou een koekie wat my moeder se spesialiteit gebak was. Die deeg het vir ‘n dag of wat “gerus” en dan gebak. Ek dink die geure het dan in hierdie tyd heerlik getrou. Dan moes ons nog ‘n dag wag voordat die koekies geëet mag word. Ma het vreeslike rituele gehad en rooikop wat sy was…kwaai, dus het jy gewaag om ’n koekie te steel nie!

In hierdie resep gee ek ook die Speculaas kruie resep en ek gaan julle effens vermaak met moeder se eg Hollandse resep. Ek sit tussen hakkies die Afrikaans. Die Speculaas kruiden gebruik ek graag in spesery koeke soos Wortelkoek, dadelbrood, gemmerbrood, piesangbrood, alle pamoen disse selfs sop. Hoop jy gaan altyd ‘n voorraad van hierdie heerlike kruie mengsel aanhou.

Speculaas kruiden
40 kaneel, fyn
10 g neutmuskaat
5 g kruidnagel, fyn (naaltjies)
5 g cardamom, fyn
5 g witte peper
5 g koljanderzaad, fyngemaal
5 g gemberpoeder
5 g aniyszaad
5 g foelie (opsioneel) (mace)

Meng al die bestanddele saam en maal fyn. Stoor in lugdigte houer in yskas vir 3 maande.

Speculaas deeg
500 g lichtbruine basterdsuiker (sagte bruinsuiker, treacle sugar)
750 g bloem (steen gemaalde koekmeel of gewone koekmeel)
200 g boter, kamertemperatuur
100 g varkensvet, niervet (holsum sal ook werk)
25 g speculaaskruiden
3 g bakammoniak (koeksoda)
9 g bakpoeder
1 ei, medium, 48-52 g

Kneed alle ingrediënten samen tot een soepel deeg, voeg zo nodig iets meer melk toe. Het deeg minstens 24 uur afgedekt op een kole plaats laten rusten, bij voorkeur in een koele kelder. Knie al die bestanddele saam om een bal te vorm. Laat die deeg rus vir 24 uur in die yskas. Berei spekulaas plankie voor indien jy dit gaan gebruik daardeur twee keer in die 24 uur met olie van keuse uit te smeer.

Daarna het deeg doorkneden. Een spekulaasplank dun met bloem bestooiden en naar wens met geschaafde amandelen bestrooien. Het deeg uitrollen en in de plank leggen. Goed aandrukken. Het overtollige deeg afsnijden, dit gaat het beste met een strak gespannen draad. Haal deeg uit die yskas en laat vir ‘n uur om weer kamertemperatuur te bereik. Knie die deeg weer goed deur. Rol deeg effens uit en sny groot genoeg stukkies wat oor die plankie pas. Sprinkel plankie met rysmeel en druk die deeg in die holte in sodat die deeg half boepens uitstaan. Sny oortollige deeg dan met mes af deur dit gelyk te skraap. Indien jy nie ’n spekulaas plankie het nie, kan die deeg net eenvoudig uitgerol word in ’n dikte van ongeveer 5mm tot 1cm en dalk mooi patrone op ‘n roller gebruik. Druk dan vormpies uit.

De bakplaat invetten. Dunne speculaasjes bakken op 200℃ gedurende ongeveer 10 minute. Dikkere spekulaas bakken 190℃ gedurende 15-20 minuten. De spekulaas direct na het bakken de plaat halen en plat op een rooster laten afkoelen. Afgekoede spekulaas in een zeer goed gesloten trommel bewaren. Smeer ’n bakplaat en bak dun spekulaas by 200℃ vir 10 minute. Dikker spekulaas 190℃ vir 15-20 minute. Haal die klaar gebakte spekulaas van die bakplaat en laat baie goed afkoel voordat dit lugdig verpak word.

Bron: Annelien Pienaar, 2017, Koekie klas 2015, epos: boerekostwist@gmail.com
Hoeveelheid: 30 koekies van 3 cm x 5 cm.

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-04-22T12:16:01+00:00 0 Comments

Leave A Comment