Kaas en Uie Frittata

Kaas en Uie Frittata

Eg Italiaans as kan wees en een van my persoonlike gunsteling ontbyte om met vriende en familie te geniet. Die basis is altyd eier om die bestanddele te bind en die variasies is oneindig.

1 medium aartappel grof gerasper
1 medium ui, ringetjies gesny
1 soetrissie, julienne-repies
5 repies spek
60 mℓ (4 e) olyfolie of botter
½ t gerookte paprika
¼ t borrie
¼ t fyn komyn (kan ook met cardamom vervang word)
5 e (75 ml) Parmasaan kaas of Pecorino, gerasper
½ k room
6 eiers
Sout en peper na smaak

Braai die ui, soetrissie en spek tot gaar in swaarboompan met olyfolie totdat die spek gaar is. Voeg die aatappel, paprika, borrie en komyn by en roerbraai vir 1 minuut en voeg die knoffel by en roerbraai nog 1 minuut.

Verlaag die hitte van die pan na stadig en skraap die bestanddele binne in die pan gelyk. Voeg die kaas, room en eiers saam asook sout en peper en klits goed deur. Giet die melk mengsel versigtig oor ‘n lepel se agterkant  oor die roerbraai bestanddele. Bedek die pan en bak vir 8-10 minute totdat die eier geset het.

Keer die Frittata uit met die onderkant na bo en bedien met vars brood en heerlike blatjang!

Bron: Annelien Pienaar, www.bosenbergguestfarm.co.za of boerekostwist@gmail.com Kookklasse en meer.
Hoeveelheid: 4-6 porsies

Foto krediet: Turhaan Samodien en Cariema Isaacs

Print Friendly, PDF & Email
2017-04-20T17:02:37+00:00 0 Comments

Leave A Comment