Bruismeel, maak jou eie!

Bruismeel, maak jou eie!

As jy soos ek op ‘n plaas woon en die naaste winkel is 20 km weg dan is hierdie die beste plan ooit.
Sedert my Ma hierdie resep vir my gegee het as student, het ek nog nooit weer bruismeel gekoop nie.

500 g koekmeel
2 tl koeksoda
4 tl kremetart

Sif die mengsel 4 keer saam om die bestanddele eweredig te versprei. Onthou jy kan nie hierdie produk stoor nie…gebruik dadelik.

Bron: Annelien Pienaar, Kortpad wenke klas 2014

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-04-20T17:27:44+00:00 0 Comments

Leave A Comment