Kerrie Maalvleis

Kerrie Maalvleis

Die geheim van ‘n goeie kerrie is die kombinasie van speserye wat gebruik word en hoe dit ontwikkel word om volle aroma te ontsluit. Speserye moet gebraai word sodoende die vlugtige olies en aroma’s vry te stel, voordat die res van die bestanddele bygevoeg word. In sommige kulture het ek gevind dat hulle die proses van geure ontwikkel heel anders doen as in hierdie resep beskryf.

Vir interessantheid: Die gereg word gaargemaak sonder die byvoeging van enige van die speserye. Sodra die vleis gaar is word olie baie, baie warm gemaak en die speserye word in die middel van die gereg in ‘n hopie geplaas. Die kokende olie word dan oor die speserye gegiet en die deksel baie vinnig toegemaak en vir 10 minute gelaat vir die geure om te ontwikkel…kos maak kan nooit vervelig wees!

1 kg maer, bees maalvleis
60 mℓ (4 e) olyfolie of sonneblom olie
2 medium uie, fyngekap
2 seldery stingels, fyn gesny
1 t knoffel, fyn gedruk
1 t borrie
1 t medium kerrie poeier
½ t fenegriek *
1 kaneelstokkie
½ t fyn komyn
1-2 k gemengde groente van keuse
½ k water
125 mℓ blatjang
100 mℓ room of klappermelk
2 e vars roosmaryn, fyngekap
Sprietuie vir garnering
Klapper splinters garnering

Braai die ui en seldery in olie tot glansend vir 5 minute. Voeg die knoffel, borrie, kerrie, fenegriek, kaneelstokkie en komyn by, roerbraai vir 3 minute. Voeg water en klappermelk by die kerrie-uie en kook vir 5 minute saam sodat al die geure kan ontwikkel.

Voeg die maalvleis by en roer totdat gaar en breek vleis fyn. Voeg die res van die bestanddele by en kook vir 10 minute.

Bedien as vulsel vir: Kerrie-en-rys, Vetkoek, gevulde pannekoek, jaffels, lasagne vulsel, bobotie vleis, pasteivulsel en vele meer.

*fenegriek: fenugreek kan by die gesondheidsafdeling van kos produkte gekoop word. Natures Choice hou die sade asook die poeier aan. Koop die sade verkieslik…meer geur. Op die hoof foto is die fenegriek die klein saadjies regs net langs die kaneel stokkies.

Bron: Annelien Pienaar, Indiese kook klas 2014, boerekostwist@gmail.com
Hoeveelheid: 8 porsies

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-04-11T14:05:40+00:00 0 Comments

Leave A Comment