Miljoenêrs Brosbrood blokkies

Miljoenêrs Brosbrood blokkies

Die Brosbrood koekie basis is heerlik en veerlig met die dekadente lae van tuisgemaakte karamel en sjokolade basis. Ek is bietjie oordadig en gebruik Belgiese sjokolade om hierdie happie mee af te rond. Ander bakkers sjokolade sal ook geskik wees, maar neem in ag dit is wel baie hard. Daarom het ek die alternatief gegee om 1 e olie of regte botter by die gesmelte sjokolade te voeg sodat dit nie te hard set nie. Dus, kom laat ons bak!

Koekie basis
225 g botter of goeie kwaliteit bakkers margarien
330 g koekmeel
100 g strooisuiker

Voorverhit oond na 160 ℃ vir. Smeer ‘n rolkoek pan en hou eenkant.

Plaas al die bestanddele in voedselverwerker en meng totdat die mengsel een bol vorm. Druk in die voorbereide rolkoek pan en prik die oppervlakte met ‘n vurk.

Bak vir 30 – 40 minute tot mooi ligbruin.

Karamel laag
175 g botter of goeie kwaliteit bakkers margarien
175 g strooisuiker
4 e gouestroop
397 g kondensmelk

Plaas al die bestanddele in ‘n kastrol wat nie maklik aanbrand nie. Roer die mengsel oor lae hitte totdat die suiker opgelos het. Kook die mengsel dan en roer, sodra dit kook verlaag die kook stelling na medium en kook vir 10 minute totdat die mengsel verdik het.

Giet die karamel laag bo-op die gebakte koekie laag binne-in die pan. Plaas vir ’n uur in die yskas om te set voordat die sjokolade laag oor gegiet word. Daarna mag dit nie weer yskas toe nie.

Sjokolade laag
200 g Lindt sjokolade of enige ander goeie kwaliteit sjokolade
1 e botter

Verhit die sjokolade oor ‘n dubbelkoker: die water in die kastrol moenie die bak raak nie, die water in die kastrol moet liggies kook. Plaas die fyn gebreekte sjokolade in die bak en roer tot gesmelt. Voeg die botter by en roer goed deur. Indien jy nie botter het nie kan gewone sonneblom olie ook gebruik word. Nie margarien nie asb. As dit gebeur dat die sjokolade een bol vorm omdat daar dalk ‘’n stoom druppel ingekom het, verhit met ‘’n eetlepel olie of botter en roer om weer smeerbaar te word.

Skep die sjokolade oor die karamel laag en smeer glad. Rus die sjokolade totdat jy sien dit is effens geset en geskik om te sny. As dit te hard geset het, is dit ook moeilik om te sny. Dus voel maar dat dit reg is, want as die sjokolade te hard geset het, sal die karamel uitloop as jy hard moet druk en sny. As dit gebeur het, sal jy maar met ‘n dun lem mes wat in kookwater gedoop word moet sny. Stoor in lugdigte houer en nie in die vrieskas nie.

Bron: Annelien Pienaar kooklesse, sien events op www.annelienpienaar.co.za
Hoeveelheid: 24 blokkies of meer as jy kleiner

Print Friendly, PDF & Email
2017-04-08T16:07:46+00:00 0 Comments

Leave A Comment