Vla en jellie splintertjies nagereg

Vla en jellie splintertjies nagereg

Hierdie nagereg is ‘n wonderlike projek om met die kleinspan te doen. Die wonder van hierdie nagereg dit kan ook vir diabete gemaak word. Kies dan asb. net suiker vrye en low carb produkte vir die gereg.

Jellie stolsel
2 pakkies rooi jellie, plus 250 mℓ (1 k) kookwater, roer tot opgelos, laat stol
2 pakkies blou / groen / pers, plus 250 mℓ (1 k) kookwater, roer tot opgelos, laat stol

Net gou waarskuwing: die jellie word met die helfte van die aanbevole water aangemaak. Die jellie moet eers goed afkoel voordat dit yskas toe gaan. Daarna moet dit goed set. Rede vir die helfte water is omdat die vla effens lou gaan wees en die jellie gaan smelt as die set te sag is. Dus, hou maar by die resep voordat jy jou kop wil volg.

Vla vulsel
1 liter Ultramel vla, indien jy nie self wil maak nie, kamertemperatuur
45 mℓ (3 e) fyn gelatien
100 mℓ kookwater om gelatien in op te los
Geursel na smaak

Sodra die jellie goed gestol het begin met die vla vulsel.

Los die gelatien op in die kook water en roer totdat die mengsel soos stroop lyk. Indien die mengsel nog spikkels in het, plaas die houertjie met stoop in kook water en hou aan roer. MOENIE in mikrogolf sit nie, dit mag nie kook nie.

Meng die gelatien mengsel by die vla en geur na smaak.

Plaas stol vorm op ‘n bakplaat. Sny die jellie in repe en stukkies van keuse en pak in vorm. Giet die vla vulsel in die vorm. Plaas in yskas tot geset en daarna vir 2 ure in die vrieskas om die ontvorming makliker te maak. Ontvorm in mooi opdien bord en hou in die yskas tot nodig.

Bron: Annelien Pienaar, www.bosenbergguestfarm.co.za www.annelienpienaar.co.za
Hoeveelheid: 8 porsies.
Foto: Alta Poolman

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-04-04T13:58:26+00:00 0 Comments

Leave A Comment