Rotsies / Modderkoekies

Rotsies / Modderkoekies

Rotsies

Dit was nou die een koekie wat my Ma ons altyd self laat maak het. Ja, dit het soms in ‘n gemors geindig, maar dit was altyd vinger en lip aflek lekker. Vir variasie sit bietjie neute, pampoensade, rosyntjies, cranberries by.

Haal dan so ‘n halwe koppie hawermout uit en vervang met dieselfde hoeveelheid sade ens. Jy kan die hopies maak deur ‘n kleiner roomys scoop te gebruik en mooi te vorm in balletjies om dan in mooi cupcake papiertjies te sit. Of maak truffels van dit en rol dan in klapper, kakao of selfs versiersuiker. Verder kan die beslag ook in ‘n rolkoekpan gedruk word en blokkies gesny word. Geniet!

1 kg (5 k) Wit suiker
250 ml (1 k) Melk
250 ml (120 g) Kakao
250 g (1 k) Margarien
480 g Hawermout (6 k) jy kan tussen 4-6 gebruik…kyk na die dikte van die beslag…
500 ml Klapper
10 ml Vanielje geursel

METODE
1. Smelt die suiker, melk, kakao en margarien saam oor lae hitte. As die suiker opgelos is kook die mengsel vir 5 minute saam sodat dit borrel.

2. Verwyder van hitte en meng dan die hawermout, klapper en vanielje geursel by.

3. Skep lepels vol op bakpapier en laat om af te koel en te stol.

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-04-02T15:45:11+00:00 2 Comments

2 Comments

  1. Lien Pieterse September 30, 2017 at 5:01 pm - Reply

    Baie dankie. Ek gaan dit terstond maandag vir my 2 kleindogters maak en hulle gaan help.

    • Annelien October 1, 2017 at 6:50 pm - Reply

      Mag julle sommer tower oomblike beleef so speel speel saam in die kombuis. Groete Annelien

Leave A Comment