Tuisgemaakte Volkoring Steengemaalde Pasta

Tuisgemaakte Volkoring Steengemaalde Pasta

Vir hierdie resep het ek Lanzerac Pinotage gebruik as die vog gedeelte om die pasta aan te maak. Steengemaalde Bruinbrood meel van Eureka Mills is gebruik asook hul Koekmeel. Die pasta is heerlik met ’n neutagtige ondertoon en die vrugtige smake van die Pinotage wat deur kom. Kom kuier saam in een van my gespesialiseerde pasta klasse.

Wenk: Om die pasta donker te kry kan ekstra donker kakao bygevoeg word. Vervang 25g meel met 25g kakao.

170 g bruinbrood meel
170 g koekmeel
2 groot eiers
1 eierwit
90 mℓ (6 e) water of wyn

Sif meel, maak gaatjie in die middel en voeg die eier en water by. Knie deeg vir 10 minute tot glad. Laat deeg rus vir 30 minute voordat dit gerol word.

Deel deeg in 4 dele. Hou deeg bedek soos jy werk. Neem een deel deeg en besprinkel goed met meel. Rol met grootste verstelling. Vou in drie dele en rol weer. Maak seker dat met elke rol, genoeg meel oor deeg gesprinkel word. Hou so aan rol en maak die verstelling kleiner en kleiner soos jy werk. Vir 4 keer.

Daarna los deeg om met genoeg meel vir 5 minute aan beide kante te droog voordat jy dit sny vir spaghetti en tagliatelle…lekker eet!

Wenk: Pasta kan gedroog word of gevries word.

English version

For this recipe I used Lanzerac Pinotage as the liquid component for making the pasta. Stone ground, unbleached Eureka Mills flours has been used to compliment the wine. The end result is a silky smooth pasta with the hint of nuts and fruits. Attending one of my Advanced pasta classes is one of a kind!

To achieve a very dark pasta substitute 25g flour with 25g extra dark cacao.

170 g Brown bread flour
170 g Cake flour
2 large eggs
1 egg White
75 mℓ (5 tbsp) water or wine

Sif together dry ingredients. Make a well in the centre and add all liquids. Mix and knead for 10 minutes. Let dough rest for 30 minutes.

Divide dough into 3 portions. Press first ball flat, cover with lots of flour and start rolling with pasta roller at setting no 1 or alternatively with the rollers far apart. Continue after each stretch to get the dough thin. With my machine I only roll 4 times with the dial changing every time.

If you would like to make spaghetti or tagliatelle, it is imperative to leave the sheets to dry 5 minutes on one side and then another 5 min on the other. This will ensure the dough cutting perfectly without the strings being glued together.

Air dry or freeze excess dough

Portions: 6

Print Friendly, PDF & Email
2017-03-29T20:16:25+00:00 0 Comments

Leave A Comment