Karamel en Gemmer Geelwortels

Karamel en Gemmer Geelwortels

Vinnig en maklik om te maak. Die sousie is heerlik saam met die wortels en almal sal die bak wil leeg lek!

Resep

1 kg geskilde wortels (wiele, balletjies, julienne repies)
2cm stukkie vars gemmer
100 g (1/2 k) sagte bruinsuiker
60ml (4 e) botter
1 e (15 ml) vla poeier
100 ml (1/4 k) water
karamel geursel
knippie sout

Metode

Plaas 1 k water in kastrol en laat kook. Voeg die wortels by die kokende water en kook vir 5 minute met deksel op. Voeg die suiker, botter en gemmer stuk by en kook totdat die wortels sag is. Haal die gemmer uit.

Maak die vla en water aan en roer by kokende mengsel. Roer nou die geursel en sout by. Bedien warm. Fyn gekapte mentblare is heerlik saam met hierdie verglansde wortels.

Hoeveelheid: 6 porsies

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-03-26T14:05:45+00:00 0 Comments

Leave A Comment