Binneboudskywe met Sjerrie en Bloukaas sous

Binneboudskywe met Sjerrie en Bloukaas sous

Dy, Bolo, Stertstuk, Binneboud, Diklies is geskikte vleis snitte vir hierdie dis…Hierdie resep wat ek gee is geskik vir beesvleis snitte wat as een groot stukke vleis gaargemaak word. Klam hitte gaarmaak is die mees geskikte metode en verg tyd. Ek gebruik baie keer die Slow Cooker vir hierdie werk en binne 8 ure is die vleis murg sag en klam.

Hierdie snitte is geneig om droog te wees en kan op verskeie maniere sappiger gemaak word. In die metode bespreek ek hoe om sappe te bewaar.

Resep

1.5- 3 kg Heel stuk vleis
4 e knoffel
4 e olyfolie
4 e botter
1 k rooiwyn
1 k aftreksel van keuse
1 ui fyngekap
4 wortels grof gekap
4 seldery stingels, gekap
250 g sampioene, gekap
Sout
Peper

Metode:

Verhit swaarboompan tot rook warm en plaas die botter en olie in die pan. Braai die vleis bruin reg rondom…nie gaar nie…seel net die vleis sappe in. Plaas verbruinde vleis in eenkant. En sprinkel met sout en peper na smaak.

Voeg die ui in die pan waarin die vleis verbruin is en braai tot sag. Voeg knoffel en wortel by en braai weer 5 min. Voeg die wyn en aftreksel by en kook 5 minute.

Plaas die res van die bestanddele in die Prutpot (slowcooker) dan vleis bo-op en die sous laaste. Sit op hoog vir 8 ure.

Sodra gaar, skep die stuk vleis uit en laat 10 minute staan voordat dit gesny word. In hierdie tyd maak jy dan sous soos volg..

2 k vleissous uit prutpot
½ k sjerrie
40 g bloukaas
100 mℓ room

Verhit die vleissous tot koop punt en verwyder van hitte. Voeg die sjerrie, bloukaas en room by en roer goed om te smelt. Bedien oor skywe vleis.

Hoeveelheid: 6-16 porsies

Print Friendly, PDF & Email
2017-03-26T12:50:01+00:00 0 Comments

Leave A Comment