Spanspek en Roket Slaai

Spanspek en Roket Slaai

Onlangs maak ek hierdie slaai vir ‘n damestee by die Ateljee. Die smaak van spanspek, roket en feta was ongelooflik gewees. Daar is ‘n eenvoudige yoghurt sousie saam met die slaai bedien. Hierdie slaai het ongeveer 10 minute geneem.

Resep

1 spanspek, geskil, blokkies gesny
1 pak roket blare, gewas
6 slaai blare, gewas, grof gebreek
200 g beet repies
200 g wortel repies
200g kersie tamaties
3 feta wiele
100 g boontjie spruite

Sous
1 k vetvrye yoghurt
1/4 suurloemoensap
1/1 t sout
1/2 swart peper, grof gemaal
1/2 t dill tippies
1 t heuning

Pak die slaai bestanddele in lagies in ‘n mooi slaaibord. Meng die sous se bestanddele saam en bedien in aparte sousbekertjie.

Bron: Annelien Pienaar, 2017, www.bosenbergguestfarm.co.za
Hoeveelheid: 6 porsies.

Print Friendly, PDF & Email
2017-03-29T18:22:39+00:00 0 Comments

Leave A Comment