Geelsout: Aartappels, Vis, Hoender, Slaai

Geelsout: Aartappels, Vis, Hoender, Slaai

Ek geniet dit om met kruie en speserye te eksperimenteer en dan kom mens op ongelooflike kombinasies af soos hierdie een wat ek gebruik oor gebakte aartappels, kappokaartappels, rys, stampmielies, mielierys, cous-cous, vis en hoender disse en selfs slaaie. Die sout is geskik vir alledaagse gebruike, sonder enige MSG’s en slegte preserveermiddels.

1 k medium fyn seesout
½ k fyn Parmasaan kaas
½ k uie vlokkies, fyn gemaal
¼ k knoffel vlokkies, gedroog, fyn gemaal
¼ k rysmeel
¼ k seldery sout
3 e dill tippies
2 e gedroogde sitrus gerasperde skil (droog in lou oond)
1 e gerookte paprika

Meng al die bestanddele saam en stoor in ’n lugdigte houer.

Die gebruik van rysmeel is belangrik want dit voorkom klonte in die sout. Sout hou ongeveer 3 maande op die rak in ‘n lugdigte houer of 6 maande in die yskas. Sout kan groot maat gemaak en dan gevries word in kleiner porsies.

Verskaffers: Alle produkte vir hierdie produk is van Natures Choice reeks wat by alle Kettingwinkel groepe beskikbaar by die gesondheidsprodukte afdeling.

Dill tippies en Paprika van Cape Herb (Sien artikel op Blog oor Cape Herb ‘n Spice)

Marinade:

Voeg 4 e sout by ¼ k olyfolie en vryf in vis of hoender…aartappels halwes…lekker eet.

Hoeveelheid: 500 ml

Print Friendly, PDF & Email
2017-03-29T21:06:59+00:00 0 Comments

Leave A Comment