Geelperske-Brandewyn Blatjang

Geelperske-Brandewyn Blatjang

As kind moes ons vir sakgeld in die Desember vakansies die slingertjie van die blou perske skiller draai. Ja, soms was jy al aan die slaap, maar vir 10c het jy gedraai. Ons het met 1c by die Indiër winkel op die stofpad sakke vol kougom gekoop. Om nie eens van die weelde van daardie botteltjie Coke te praat nie.

Hierdie resep is aangepas soos my geheue dit toelaat en proe soos moeder se blatjang. Sy het altyd haar oortollige vrugtekoekmengsel se vrugte in die perske blatjang gegooi. Soms was dit nogal vol brandewyn en kersies gewees…heerlik!

 

1.5 kg perskesnippers
500 g wit of rooi ui snippers
250 g vrugtekoek mengsel
800 g witsuiker
2 k wit druiwe asyn
1 k water
1k brandewyn (NB: helfte van brandewyn word in die begin gebruik en die res later)
3 e geel mosterdsaad
3e piekel speserye
4 loerierblare
2 t dill tippies of roosmaryn gedroog
1e achaar masala (resep op blog)
2 e mielieblom aangemaak in 125 mℓ brandewyn
¼ t kaneel
1e chillie vlokkies
1 e sout (na smaak)

Peper na smaak

Plaas die uie en vrugtekoek mengsel met suiker, asyn, water en ½ k brandewyn in kastrol en kook vir 15 minute. Roer gereeld sodat suiker kan oplos.

Voeg dan die perskes, mosterdsaad, piekel speserye, lourierblare by en kook vir 1 uur lank. Die mengsel sal verdik.

Maak die res van die bestanddele aan met die oorblywende brandewyn en giet in die kokende mengsel. Draai die temperatuur af ek kook vir ongeveer 10 minute en roer stadig om aanbrand te voorkom. Bottel in warm gesteriliseerde flesse.

Hoeveelheid: 5x 375ml botteltjies

Print Friendly, PDF & Email
2017-03-26T14:04:11+00:00 0 Comments

Leave A Comment