Kortrib met Tuisgemaakte Braai sout

Kortrib met Tuisgemaakte Braai sout

Hierdie braai sout het vele gebruike en kortrib se grootste maat. Ek gebruik die sout resep ook in my wors en droëwors resepte. Loer gerus op die blog vir die resepte. Die sout maak ’n eie sousie en die geure is heerlik. Hierdie sout is ook ‘n wonderlike Vadersdag of Manne geskenk!

1 kg kortrib skywe
250 mℓ (1 k) Woestersous sout
125 mℓ (½ k) Medium growwe sout
125 mℓ (½ k) Sagte bruinsuiker (treacle sugar)
125 mℓ (½ k) Koljander saad
½ t fyn naeltjies
½ t fyn gemmer
½ t fyn chillie poeier
2 t gerookte paprika (Cape Herb & Spice)
1 t rysmeel (voorkom klonte)

Rooster die koljander saad in ’n droë pan op die stoofplaat. Maal die sade daarna totdat dit medium grof is. Meng al die bestanddele, behalwe vleis saam. Stoor gegeurde sout in lugdigte houers.

Voorverhit oond na 150 ℃ en pak die kortrib skywe in die pan. Sprinkel met die gegeurde sout aan beide kante. Bak die vleis vir 3 ure. Geniet!

Hoeveelheid: 6 porsies.

Bron: Annelien Pienaar, Geskenke uit jou koskas reeks 2015, Klasse:boerekostwist@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
2017-04-12T06:21:22+00:00 0 Comments

Leave A Comment