Ekonomiese Vrugtekoek van Dorette

Ekonomiese Vrugtekoek van Dorette

Dorette se moeder het vir jare hierdie wonderlike koekgebak en vandag word die tradisie voortgesit. Die koek is heerlik klam en kry fyn pynappelstukkies in die beslag. Die koek is regtig ekonomies en almal kan Kerskoek op die tafel hê. Baie dankie vir die deel van jou familie juweeltjie.

Resep
500 g (3⅓ k) vrugtekoekmengsel
125 g (½ k) bakmargarien of botter
200 g (1 k) witsuiker
1 blik 310 g, fyn pynappel
140 g (1 k) heel glanskersies
5 mℓ (1 t) gemengde speserye
5 mℓ koeksoda
100 g (1 k) pekans of gekapte verglansde vrugte

Kook al die bestanddele saam behalwe die koeksoda en pekans vir 5 minute. Haal van hitte af en roer die pekans en koeksoda by. Laat in erdebak of glasbak oornag staan sodat die vrugte kan uitswel. Indien jy haastig is, sal 2 ure genoeg wees.

2 ekstra groot eiers, geklits
140 g (1 k) koekmeel
140 g (1 k) bruismeel
1 mℓ sout

Voorverhit oond na 180 ℃ en berei een pan van 23 cm deursnit voor met ‘n dubbel laag waspapier.

Roer eiers by vrugtemengsel in. Sif droë bestanddele en roer in. Skep in voorbereide pan(ne). Bak bedek teen 180 ℃ vir 30 minute en dan verder teen 150 ℃ vir nagenoeg 2 ure.

Indien jy verkies om die koek te “dokter” gebruik 125 mℓ sjerrie en giet oor die warm koek. Laat die koek goed afkoel en dokter na ‘n week weer die koek met 125 mℓ sjerrie. Draai goed toe in foelie en kleef plastiek en die koek kan vir maande gestoor word.

Bron: Dorette Standeer van Rooyen, 2016 vir BKT

Hoeveelheid: 750 – 800 g koek.

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-04-08T08:30:13+00:00 0 Comments

Leave A Comment