Spek, Botterskorsie en Feta Quiche

Spek, Botterskorsie en Feta Quiche

Ons het in ’n “gesonde huis” grootgeword vanweë ’n diabeet sussie. Ons het baie vars kos gekry. Ma het alles in die groentetuin geplant en ons het so ook die liefde vir groente plant geleer. Daar was die snaaksste kleure en vorms van tamaties, eiervrug en selfs groenboontjies. Hierdie gereg is moeder se stempel in ons gesonder lewenstyl. Hierdie is ’n korslose gereg. Indien jy sou verkies om ‘n kors in te sit, sal ek gaan vir die aartappel pastei deeg kors. Rede: Die aartappel verlaag die gluten inhoud van die meel en ook ‘n baie gesonder opsie.

15 mℓ (1 e) olyfolie
4 repies rug spek (back bacon)
250 mℓ (1 k) room
3 eiers
2 fyn, knoffel toontjies
½ k plat blaar pietersielie
Sout en peper na smaak
5 mℓ (1 t) dill tippies
300 g (1 ½ k) botterskorsie blokkies
100g (½ k) feta, gekrummel

Voorverhit oond na 170 ℃ en smeer ‘’n 23cm los boom pan van enige vorm met koekepanne smeer.

Braai spek in olyfolie tot bros. Voeg knoffel en botterskorsie by en braai vir 2 minute.

Meng die room en eiers goed saam asook sout, peper en dill tippies.

Pak die botterskorsie stukkies in die pan en sprinkel die spek oor. Giet eiermengsel oor en rond af met gekrummelde feta en fyn pietersielie blare.

Bak vir 20-25 minute by 170 ℃ tot geset. Bedien dadelik met ‘’n heerlike groenslaai.

Porsies: 4

Print Friendly, PDF & Email
2017-07-19T09:22:01+00:00 0 Comments

Leave A Comment