Pecanmeringue & Praline-caramel filling

Pecanmeringue & Praline-caramel filling

Hierdie lyk na ‘n ingewikkelde koek maar basies is dit so vinnig om te maak. Dit is een van daardie koeke/nageregte waarvan die dele kan vries, uithaal en aan mekaar sit. Hierdie koek bestaan uit pekan meringue lae wat met ‘n gekookte botterversiersel aan makaar gesit word. Verder kan jy die neut herhaal deur gekarameliseerde pekans as versiering te gebruik. Indien die botterversiersel vir jou te ryk is kan gekookte kondensmelk of caramel gebruik word. Twee blikkies is vir hierdie 4 laag koek nodig.

Resep
100 g (1 k) Pekans, fyn gekap
30 g Mielieblom (maizena)
315 g (1½ k) Strooisuiker
6 Eierwitte, kamertemperatuur
½ t Kremetart

Vulsel
250 ml Vars room styf geklits met – 5 ml suurlemoensap, 3 e suiker en 5 ml vanielje en knippie kaneel
2 blikkies Caramel treat
250 g Gekapte pekans

Metode 
1. Voor verhit oond na 120 ℃ en bereik bakplate soos volg voor. Spuit die plate met kleef werende kos spoei en poeier liggies met mielieblom. Trek dan 20 cm sirkels op die plaat.

2. Meng die pekans, mielieblom en 6 eetlepels van die strooisuiker saam. Die pekans moet goed deur die mengsel bedek word sodat die olie gedeeltes bedek is.

3. Klits die eierwitte tot sagte punt stadium, voeg kremetart by. Klits tot medium styf en voeg die res van die strooisuiker by. Klits die mengsel tot silwer blink en glansend. Die mengsel moet sy vorm behou.

4. Vou nou die neute in drie dele in. Moenie te veel meng nie. Plaas die mengsel in ‘n spuitsak met ‘n groot plat neus. Spuit sirkels op plate. Droog in oond vir 40 – 50 minute. Sodra die sirkels uit die oond kom maak die randte netjies om ‘n perfekte sirkel te vorm. Laat om goed af te koel op ‘n draad rakkie sodat die onderkant van die meringue goed kan uitdroog.

5. Maak die lae soos volg: Karamel, room, neute tot op die einde

Bron: Annelien Pienaar, 2016, Koek en versiering klasse: boerekostwist@gmail.com

Hoeveelheid: 4 sirkels van 20 cm.

English Version

Recipe
100 g (1 c) Pecans, chopped, fine
30 g Maizena, cornstarch
315 g (1½ c) Castor sugar
6 Egg whites, room temperature
½ t Cream of tartar

Filling
250 ml Fresh cream whipped with – 5 ml lemon juice, 3 tbsp sugar, 5 ml vanilla and pinch of cinnamon.
2 tins Caramel treat
250 g Chopped pecans

Method
1. Pre heat oven to 120℃. Draw circles on baking paper with sideplate. Grease the paper on the back side of the drawing.

2. Mix cornstarch, 6 tbsp of castor sugar with pecans.

3. Beat eggwhites to soft peak and add a pinch of creme of tartar. Beat until medium stiff and start adding the rest of the castor sugar and beat until glossy and stiff.

4. Fold the pecans into the mixture, in batches of 3. Be careful not to over mix.

5. Put into piping bag without a nozzle and start ping from the centre outwards in a spiral.

6. Bake for 45 – 50 minutes at 120 ℃. Let it cool afterwards and start filling with whipped cream and caramel and extra pecans between layers.

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-05-14T08:44:15+00:00 2 Comments

2 Comments

  1. Hettie Venter May 15, 2017 at 8:37 am - Reply

    Dit lyk heerlik!!

    • Annelien May 15, 2017 at 4:25 pm - Reply

      Geniet…groete Annelien

Leave A Comment