Stampmielies / Samp

Stampmielies / Samp

In my huishouding en toe ek groot geword het, was en is dit ‘n gereelde item op die spyskaart. Dit neem ‘n tydjie om hierdie wonderlike dis te maak, maar ek maak genoeg en vries die res. So, jy kan wel tyd spaar. Ek moet bieg, eendag het ons gaan kamp en ek het die stampmielies in die driepoot pot behoorlik gebrand. Die volgende oggend met die uitskraap van die pot was die versoeking groot en ek warm toe van die brandsel op en gooi melk en suiker oor…die res is geskiedenis. Boepens was ek definitief geëet!

Ek hou van die samp as los dele wat met botter blink en om dit so te kry was ek die samp as ek dit kook. Indien jy van die melerige en romerige tekstuur hou moenie so baie spoel nie, spoel wel in die begin so twee keer…

 

Resep
500g Samp (Stampmielies)
1 liter Water (vir week van stampmielies)
2 liter water
10ml Sout
150g Botter
100ml Room
30ml Dill tippies, gedroog
5 Knoffel toontjies, grof gekap
200g Boontjie spruite
Peper na smaak

Metode:
1. Week die stampmielies in die water vir ongeveer 12-24 uur. Spoel dan af en plaas in kastrol.

2. Voeg weer water oor die stampmielies en kook die mielies op medium hitte vir 30 minute, spoel al die water uit totdat die spoel water helder is. Gebruik warm kraan water terwyl jy dit doen. Doen hierdie proses oor die loop van 3 ure elke 30minute totdat die mielies verdubbel het in volume. Met die laaste 30 minute voeg die sout by.

3. Plaas die botter onder in die kastrol en draai dit hitte na baie warm en braai die stampmielies effens in die botter. Voeg die dill, knoffel, peper en nog sout na smaak by.

4. Net voor opdiening roer die boontjie spruite by.

Alternatiewe gaarmaak metode nadat die stampmielies geweek het.
1. Die hutspot kan ingespan word om die stampmielies gaar te maak. Jy moet net onthou om te spoel tussen deur. Ongeveer 12 ure se gaarmaak.

2. Die stoompot kan ook ingespan word en so 2 stoom sessies en die mielies is sag en dubbel die volume.

3. Die stampmielies kan die laaste uur verder gestoom word in ‘n kolander, rysmandjie of stoom mandjie…

Hoeveelheid: 6-8 porsies

 

English Version

RECIPE

500 g Samp (Samp)
1 liter of Water (for soaking of samp)
2 liters of Water for boiling
10 ml Salt
150 g Butter
100 ml Cream
30 ml Dill tips, dried
5 Garlic cloves, roughly chopped
200 g Bean sprouts
Pepper to taste

METHOD

  1. Soak the samp in the water for about 12 – 24 hours. Rinse and place in a pot.
  1. Add some to the samp and boil on medium heat for 30 minutes, rinse until the rinse water is clear. Use warm tap water while doing so. Do this process over the course of 3 hours every 30 minutes until the corn has doubled in volume. Add the salt in the last 30 minutes.
  1. Put some butter into the saucepan and fry the samp slightly in butter. Add the dill, garlic, pepper and more salt to taste.
  1. Stir in the bean sprouts just before serving.

ALTERNATIVE COOKING METHOD AFTER SOAKING THE SAMP

  1. The slowcooker can be used to cook the samp. Just remember to wash in between. Approximately 12 hours of cooking.
  1. The pressure cooker can also be used with 2 steam sessions until the samp is soft and doubled in volume.
  1. The samp can be steamed in a colander, ricebasket or steam basket for the last hour…

QUANTITY: 6 – 8 servings.

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-03-26T13:38:22+00:00 2 Comments

2 Comments

  1. Bokkie Palmer November 5, 2017 at 5:04 am - Reply

    Baie dankie vir die resep. Sal jy so gaaf wees en dit vir my e pos aseblief? Byvoorbaat dankie.

    • Annelien November 9, 2017 at 6:40 pm - Reply

      Haai die resep is in my Kookboek. Groete Annelien Pienaar

Leave A Comment