Doughnuts of Oliebolle

Doughnuts of Oliebolle

Hierdie is een van my kinders se beste verkopers altyd gewees met hul skool se Markdag of Entreprenuers. Ons het die aand te vore die doughnuts gemaak en die oggend vroeg gepak vir skool. Die maters kon dan vir ‘n klein footjie self kleur en doop en sprinkles opsit soos dit hulle pas. Ons het wonderlike tye so gehad! Dus vir julle wat iets anders vir kinder partytjies wil doen, hierdie is nogal ‘n verandering op die normale cupcake versier!

Ek maak soms die oliebolle sonder die gat. Bak effens langer en dan spuit ek vla en room of selfs karamel in die middel in. Die resep is nogal groot en ek het onlangs 100 sirkeljties uit die resep gekry om doughnuts op ‘n stokkie te bedien met karamel sous op die kant! Dit het vreeslik mooi vertoon vir ‘n 16de verjaardag!

Ek maak ook die balletjies op ‘n stokkie of ryg die balletjies soos ‘n sosatiestokkie met vrugte tussen in of malvalekkers. Wat dalk van ‘n potjie karamelsous eenkant en dan doop die kinders of groot mense self en sit sprikles en neute soos hulle daarvan hou. Hierdie kan kinders vir ure besig hou…

Resep
10 g Kits gis
420 g Koekmeel
30 ml Suiker
3 ml Sout
250 g Melk (lou warm), ja, weeg jou melk asb!
2 Eiers, jumbo
65 ml Botter, gesmelt
5 ml Vanielje geursel
750 ml Olie, vir diepvet braai

Metode
1. Meng die gis, meel, suiker en sout saam in ‘n mengbak.

2. Meng die melk, eiers, vanilla en gesmelte botter.

3. Meng die melk mengsel by die meel mengsel en meng goed deur sodat al die bestanddele nat is. Keer uit op ‘n meel bestrooide werksoppervlakte en knie die deeg totdat dit glad is. Onthou hierdie is ‘n verrykte deeg, amper soos n brioche deeg. Dus, gaan dit klewerig en taai wees. Moenie kommer, moenie nog meel loop by gooi omdat dit pap voel nie, hoe meer jy werk met die deeg hoe fermer sal dit word. Knie vir 10 minute lank tot glad.

4. Laat die deeg rus in ‘n warm plekkie vir 30 minute met kleefplastiek toe gemaak.

5. Knie die deeg weer op die werksoppervlakte tot glad. Sprinkel effens met meel en rol die deeg uit ongeveer 2cm dik. Druk nou jou sirkeltjies uit. Die binneste sirkel van die doughnut moet ten minste die grootte van ‘n R5 muntstuk wees vir die olie om mooi deur te kan vloei om die deeg eweredig gaar te maak. Laat die sirkels op ‘n meel bestrooide oppervlakte soos ‘n bakplaat rus vir ongeveer 30 minute weer of tot dubbel die volume. Onthou die binneste gedeelte maak die mooiste balletjies, so jy kan dit op weer knie en uitdruk of eenkant sit vir braai. Hierdie deeg kan oor en oor hanteer word en heeltemal verwerk word.

6. Maak seker dat die deeg nie oor rys of te warm kry nie, anders gaan die deeg platval, die deeg gaan slap wees as jy dit optel en ‘n lelike vorm bak. Pas dit asb mooi op.

7. Braai die doughnuts in voorverhitte olie aan beide kante. Sodra die doughnuts uit die olie kom kan jy dit in kaneelsuiker rol of jy kan dit later met glans versiersel versier. Maak seker die doughnuts is goed afgekoel voordat jy dit versier anders loop die versiersels soos trane af!

Glans versiersel
260 g Versiersuiker
180 g Melk
5 ml Vanielje of ander geursel van keuse
5 ml Kleursel van keuse

Metode
1. Meng die bestanddele saam, sodra die doughnuts afgekoel het. Hierdie versiersel kan nie lank staan nie anders vorm dit sandsuiker.

2. Maak seker dat jy ‘n plat sop bord of bak gebruik wat groot genoeg is om jou doughnuts in te doop. Ek het jare gelede as student my naam so met ‘n plank geslaan en dit in ‘n poeding bakkie probeer doen en die doughnut wou nie pas nie!!!

3. Plaas die gedoopte doughnuts op ‘n draadrakkie wat oor n pan hang sodat al die oorvloei daar opgevang kan word.

English Version

Recipe
10 g Instant yeast
420 g cake flour
30 ml Sugar
3 ml Salt
250 g Milk (luke warm), jes, weigh your milk please!
2 Eggs – jumbo
65 ml Butter – melted
5 ml Vanilla essence
750 ml Oil – for deep frying

Method
1. Mix yeast, flour, sugar and salt in a mixing bowl.

2. Mix milk, eggs, vanilla and melted butter.

3. Mix the milk mixture into the flour mixture and mix thoroughly so that all the ingredients are wet. Turn out onto a floured work surface and knead the dough until it is smooth. Remember this is enriched dough, like brioche dough. So, it’s going to be tough and sticky. Do not worry; do not add more flour because it feels sticky, the more you work with the dough the firmer it will be. Knead for 10 minutes until smooth.

4. Let the dough rest in a warm place for 30 minutes, cover with cling wrap.

5. Knead the dough again on the work surface until smooth. Sprinkle a little flour and roll the dough about 2 cm thick. Push out your circles. The inner circle of the donut must be at least the size of a R5 coin for the oil to be able to flow nicely through to evenly cook the dough. Let the circles rest on a floured surface like a tray for about 30 minutes or until doubled in volume. Remember the inner part makes the best balls, so you can knead it again and push some more circles or set it aside for frying. This dough can be handled again and again and completely processed.

6. Make sure the dough does not over proof or get hot, otherwise the dough will collapse, the dough will be soft if you pick it up and an ugly shape will bake. Please look after it nicely.

7. Fry the donuts in preheated oil on both sides. Once the doughnuts are removed from the oil, you can roll it in cinnamon sugar or you can put glaze icing on later. Make sure the donuts are well cooled before you decorate it otherwise the icing runs off like tears!

Glace icing
260 g Icing sugar
180 g Milk
5 ml Vanilla or flavouring of choice
5 ml dye of choice

Method
1. Mix the ingredients together, once the doughnuts have cooled. This icing can’t stand for long, it forms sand sugar.

2. Make sure you use a flat soup plate or bowl large enough for dipping your donuts. I beaten my name as a student and try to do it in a pudding bowl and the donut would not fit!

3. Place the dipped donuts on a wire rack over a pan so that the overflow can be collected.

Hoeveelheid: Ongeveer 20 – 30 doughnuts afhangende van die grootte of 100 balletjies!

Print Friendly, PDF & Email
2017-04-10T14:23:17+00:00 0 Comments

Leave A Comment