Ouma Hantie se Sjokolade Sjiffonkoek

Ouma Hantie se Sjokolade Sjiffonkoek

Ek smeer my panne met my tuisgemaakte “Koeke panne smeer” en net vir die basisse sit ek ‘n stukkie waspapier in sodat ek verseker weet die koek sal mooi uitkom. Onlangs was my waspapier klaar en het ek bruinpapier geneem en goed gebotter en dit het net so goed soos waspapier gewerk. Verder help die “Koekepanne smeer” dat die kante van die koek nie so krummelrig word as dit gesmeer word met sagte versiersel nie. Koekepanne smeer op die blog onder wenke gevind.

Nog ‘n stukkie koekversier raad om die krummelrigheid aan die kante van koeke minder te maak…Kook ‘n mengsel van 1k water en ¼ suiker vir 5 minute saam. Plaas in spuit bottel as afgekoel het. Vee die kante van die koek met ‘n kwasse af om ekstra krummels te verwyder. Daarna spuit die koek met die stroop, plaas in vrieskas vir 10 minute en smeer! Voila!

Kakao kan mee gespeel word. Onlangs by ‘n bakkerswinkel in grootmaat die swart ene raak geloop en ek moet sê ek was baie aangenaam verras met die eind resultaat! Die koek was klam, vogtig en blink aan die binnekant…die krummel was pragtig. Ek hoop julle kan dit opspoor!

Alhoewel ‘n regte chiffonkoek moet hang en in ‘n ongesmeerde pan gebak moet word kan jy weg kom en smeer maar jy moet haar omdraai en hang vir die groot koeke.

Resep
280 g Koekmeel, gesif
400 g Wit suiker
knippie sout
20 ml Bakpoeier
¼ t Koeksoda
250 ml Sonneblom olie
30 g Kakao
250 ml Kookwater (kakao aanmaak)
5 ml Kremetart
6 Eiers, geskei
10 ml Vanielje geursel

Metode
1. Sif die koekmeel, sout, bakpoeier, koeksoda saam.

2. Meng die kakao met die kookwater totdat dit ‘n gladde pasta vorm.

3. Klits die eiergele met die suiker totdat dit wit en romerig is vir ongeveer 5 minute. Voeg nou die olie by in ‘n dun straaltjie en hou aan klits soos die olie bygevoeg word. Die mengsel moet weer lig en romerig word.

4. Meng die kakao mengsel by en klits weer deeglik deur. Meng nou die meel by hierdie mengsel in asook die vanielje geursel.

5. Klits die eierwitte totdat dit net begin skuim en voeg die kremetart by en klits totdat die mengsel styf is maar nie droog nie. Onthou met alle gebak waar daar eierwitte styf geklits moet word om altyd kremetart by te voeg om die skuim stewig en stabiel te hou…

6. Vou die eierwitte by die kakao mengsel in. Nou kan jy besluit op kolwyntjies of groot koeke. Bak tye vir koek is
35 – 45 minute en vir kolwyntjies 20 – 25 minute en alles word by 180 ℃ gebak.

7. Laat die koeke eers in die panne afkoel deur dit onderste bo te laat afkoel op voetjies gemaak van glase ens. voordat dit ontvorm word. Gaan loer asb op die blog na die les oor Chiffon koek ens.

Bron: Annelien Pienaar, 2016, www.bosenbergguestfarm.co.za

Hoeveelheid: 2 dubbellaag koeke of 50 kolwyntjies.

Print Friendly, PDF & Email
2017-04-08T19:06:55+00:00 0 Comments

Leave A Comment