Boston Broodjie / Boston bread

Boston Broodjie / Boston bread

Jy gaan seker nou vra wat vir ‘n volksvreemde broodjie is dit die. Basies is dit ‘n gesonde roerbroodjie. Die rysmiddel is koeksoda en bakpoeier en die aktiveerder is molasse. Die reseppie kry volkoring meel, mieliemeel en rogmeel in wat in gelyke hoeveelhede verdeel is. Die broodjie word gaar gestoom en nie regtig gebak nie. Dit bak by ‘n lae temperatuur en vir lang tyd. Die tekstuur is dig en raklewe ook redelik lank. In die ou dae word die broodjie in ‘n lang koffie blik of silinder gebak…Moenie kommer as jou blik riffels in het nie, die broodjie krimp tydens die bakproses en dan gly dit uit die blik uit. Indien jy nie ‘n ronde blik het net sal ‘n gewone broodpannetjie net so goed werk. Geniet!


Resep

½ k Bruinbrood of Nutty Wheat meel
½ k Mielie meel
½ k Rogmeel
½ t Koeksoda
½ t Bakpoeier
¼ t Sout
1/3 k Molasse
½ k Melk
½ k Rosyne of enige gedroogde bessies

Metode
1. Voor verhit die oond na 160 ℃ en berei ‘n broodpan van 23 cm lengte voor.

2. Meng die drie meelsoorte saam, sout, koeksoda, bakpoeier saam en sif goed. Voeg die rosyne by.

3. Meng die melk en molasse en voeg by die meelmengsel. Meng net totdat die deeg goed gemeng maarn nie oormeng is.

4. Bedek die broodjie met foelie of bak dit in ‘n potjie met ‘n deksel. Die idee is dat die broodjie gaar stoom. Dus moet die foelie met ‘n toutjie vasgebind word om ‘n digte seel te vorm.

5. Bak dan die broodjie in ‘n bain marie of ‘n oondpan gevul met kookwater. Hierdie broodjie bak dan vir ongeveer 2 ure lank in die stoombad. Maak seker dat jy elke half uur die water vlakke aanvul met kokende ketel water.

6. Verwyder uit die oond en maak die broodjie oop. Moenie die broodjie dadelik ontvorm nie. Laat dit vir 1 uur lank in die pan afkoel voordat dit uitgekeer word.

Bron: Annelien Pienaar, 2016, www.bosenbergguestfarm.co.za

Hoeveelheid:
1 lang broodjie.

English version

Recipe
½ cup Brown bread or nutty wheat flour
½ cup Corn flour
½ cup Rye flour
½ t Baking soda
½ t Baking powder
¼ t Salt
⅓ cup Molasses
½ cup Milk
½ cup Raisins or any dried berries

Method
1. Preheat the oven to 160 ℃ and prepare a loaf pan of 23 cm length.

2. Mix the 3 flour types together, salt, baking soda, baking powder and sieve well. Add the raisins.

3. Mix the milk and molasses and add to the flour mixture. Mix just until the dough is well mixed, do not over mix.

4. Cover the loaf with foil or bak it in a pot with a lid. The idea is that the bread is steamed. So the foil must be tied with a string to form a thick seal.

5. Bake the bread in a bain marie or fill a roasting pan with boiling water. This bread bake for about 2 hours in the bath. Be sure to fill the water with boiling kettle water every ½hour .

6. Remove from the oven and open the bread. Do not turn the bread out immediately. Let it cool long in the pan for 1 hour before it is turned out.

Print Friendly, PDF & Email
2017-04-11T10:34:57+00:00 0 Comments

Leave A Comment