Bos Bessie Volkoring beskuit

Bos Bessie Volkoring beskuit

Hierdie resep is heerlik vullend. Die beskuit is swaar en gepak met allerlei breinkos. Roulynsaad bevat omga’s wat die brein voed. Omega 3 olies is die skakels tussen die breinselle sodat elektriese impulse met inligting gelei kan word. Indien daar ‘n tekort aan omega’s en Vit B reeks is…wel, dan is daar swak geleiding. Daarom is dit belangrik om elke oggend jou brein met Breinkos te voed. Verder as mens na roulynsaad gaan kyk moet dit gekraak word sodat die olies vrygestel kan word, plaas dit in ‘n vysel of in die voedsel verwerker.

400 g (2 k) Treacle sugar
500 g (2 k) hoogvol Rama of Storke bake
500 mℓ (2 k) karringmelk
2 groot eiers geklits (opsioneel)
500 g (3 ½ k) koekmeel
500 g (3 ½ k) volkoringmeel
20 mℓ (4 t) bakpoeier
5 mℓ (1 t) sout
300 g Hi Fibre bran
40 g semels
100 g (1 k) pekans (opsioneel)
150 g (1 k) bosbessies (cranberries) of rosyne
5ml (1t) kaneel
80 g klapper
50 g sesamsaad
50 g roulynsaad

Smelt die botter en suiker saam in mikrogolf oond. Moenie kook nie, net smelt. Laat afkoel na kamertemperatuur. Voeg dan geklitste eiers en karringmelk by.

Sif meel, bakpoeier, sout en kaneel saam, saam drie keer. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed deur.

Voeg die gesmelte botter mengsel by die droë bestanddele en werk versigtig om nie die mengsel te oorwerk nie. Dit veroorsaak dat jy ‘’n harde beskuit kry. So, meng net totdat die droë dele nat is.

Druk in 35 cm x 45 cm pan en sny vooraf in vingers. Bak vir 40 min by 180 ℃. Laat goed afkoel voordat die vingers deurgesny word. Droog by 110 ℃ vir 3-5 ure.

Laat beskuit goed afkoel voordat dit in lugdigte houers gestoor word.

Hoeveelheid: 50 vingers

Bron: Annelien Pienaar, kom kuier saam in een van my kook klasse!

Print Friendly, PDF & Email
2017-04-01T18:14:51+00:00 0 Comments

Leave A Comment