Honde koekies

Honde koekies

Ek sal seker nooit groot word nie. Ek is gek na diere en het ‘n hele plaas vol van hulle…Skape,perde, honde, katte, ganse, visse en ook die kinders!

Ek geniet dit om ook gesonde bederfies vir hulle te maak. As ek honde opleiding doen dan is hierdie snoep happies net perfek vir die ekstra aanmoediging om die dier se aandag te trek en te hou! My katte hou ook van die snoepery…maak klein bolletjies vir hulle. Die grondbone botter is nie skadelik vir jou diere nie. Ek het navorsing gedoen en ook met my veearts geraadpleeg. Dit moet suiwer grondbone botter wees sonder enige suiker by.

Onthou versoete grondbone botter met suiker of xylotol is uiters gevaarlik vir jou diere se gesondheid. Daarom gebruik ek net Blackcat Peanut botter omrede dit nie versoet is nie. Lees asb die etikette van produkte om seker te wees. Grondbone botter is propvol engergie vanwee die hoë protein en ook olie inhoud. Jou diere se pelse sal glinster. Dr Pienaar skryf dus een per dag voor…met liefde.

150g Koekmeel
15ml Bakpoeier
200g Grondbone botter, suiwer, geen bygevoegde suikers
125ml – 250ml Melk (vir rol minder melk vir drop cookies, meer melk)
knippie sout

1. Meng eers die grondbone botter en melk saam in ‘n voedsel verwerker. Voeg dan die meel en sout by en meng tot ‘n deeg.

2. Rol bolletjies of rol uit met rolstok en druk in vormpies.

3. Bak by 200℃ vir 10 minute of tot goudbruin. Laat goed afkoel voordat dit geblik word.

Bron: Annelien Pienaar.
Hoeveelheid: Jy bepaal die grootte!

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-04-07T11:35:26+00:00 0 Comments

Leave A Comment