Turkse Platbrood / Turkish flatbread

Turkse Platbrood / Turkish flatbread

Hierdie brood word wel met gis gemaak en rys nie baie hoog nie omdat dit baie dun gerol word. Dit word kenmerkend met kerrie of souserige disse gebruik. My kinders geniet hierdie rollery terdee en saam staan ons en kuier en rol. Ek gee nie om vir die meel gemors na die tyd nie, want een van die dae verlaat die eerste kuiken die nes en dan het beide van ons herinneringe om aan vas te klou!

Resep
750 g Koekmeel
1 t Sout
1 t Komyne saad, heel of gemaal
½ t Koljander, gemaal
1 t Strooisuiker
10 g of 1 pakkie kitsgis
30 ml Olyfolie
400 g Lou warm water

Metode
1. Sif die koekmeel, sout, komyn en koljander saam. Meng dan die suiker en gis by.

2. Meng die olie en water saam en maak ‘n gaatjie in die middel van die meel en voeg die vloeistof by. Meng die deeg en knie tot dat dit glad en elsties vir 10 minute lank.

3. Smeer die mengbak met ekstra olie en plaas die deeg terug en bedek met kleefplastiek vir 60 minute.

4. Keer die deeg uit op ‘n ligte meel bestrooide oppervlakte. Deel die deeg in 70 – 80 g balletjies en plaas eenkant. Moenie die balletjies groter maak nie, dan pas dit nie in die pan en dit kom te dik en degerig uit.

5. Rol elke balletjie met ‘n koekroller tot ‘n grootte van 25 cm (5 mm dikte) en laat vir 20 minute om te rys.

6. Braai dan die sirkels in ‘n voorverhitte dikboom pan of gietyster pan. Jy kan dit met of sonder ‘n bietjie olie braai. Plaas ‘n deksel op die pan en braai elke sirkel ongeveer 3 minute aan elke kant. Plaas in skoon vadoeke en hou toe om uitdroog te voorkom.

7. Bedien met kerries, dips, koftas en vele meer.

Bron: Annelien Pienaar, www.bosenbergguestfarm.co.za

Hoeveelheid: 8 – 10 sirkels.

English Version

Recipe

750 g Cake flour
1 t Salt
1 t Cumin seeds, whole or ground
½ t Coriander, ground
1 t Castor sugar
10 g or 1 packet Yeast
30 ml Olive Oil
400 g Lukewarm water

Method
1. Sift the flour, salt, cumin and coriander together. Then mix the sugar and yeast in.

2. Mix the oil and water and make a hole in the center of the flour and add the liquid. Mix the dough and knead until it is smooth and elastic for 10 minutes.

3. Grease the bowl with extra oil and place the dough back and cover with plastic wrap for 60 minutes.

4. Turn the dough out onto a lightly floured surface. Divide the dough into 70 – 80 g balls and set aside. Do not make balls bigger, it won’t fit in the pan and it comes out too thick and doughy.

5. Roll each ball with a rolling pin to a size of 25 cm (5 mm thickness) and leave for 20 minutes to rise.

6. Then fry the circles in a preheated thickbase pan or cast iron pan. You can fry it with or without a little oil. Put a lid on the pan and fry each circle about 3 minutes on each side. Place in a clean dishcloth to prevent drying out.

7.Serve with curries, dips, koftas and many more.

Source: Annelien Pienaar www.bosenbergguestfarm.co.za

Quantity: 8 – 10 circles.

Print Friendly, PDF & Email
2017-04-11T10:41:50+00:00 0 Comments

Leave A Comment