Melk brood / Milk bread

Melk brood / Milk bread

Ek het as student hierdie broodjie by die Vasity Bakery in Lynwoodweg gekoop. As student het ek sleg geëet weens ‘n uiters vol en besige kursus. In die aand as ek in my tjorretjie geklim het, het ek daar gestop en van die Soet Melkbroodjies gekoop. Die man wat dit gebak het was ‘n genie! Hy het spek met Maple stroop en soms heuning bedruip en in die oond gaar gemaak. Daarna het hy die repies in die broodjie toe gevou en dan gebak. Sodra die rolletjies uit die oond gekom het, het hy weer van die stroop oor die broodjie gesmeer. Genade, net om hier te sit en tik, laat die spoeg belle borrel! Dan het ek ‘n “pint” melk gekoop en onder ‘n Jakaranda boom gestop en alleen piekniek gehou. Ja, dit was die lekker goeie ou dae!

Deesdae gebruik ek dit in die plek van Soetmos beskuit en maak heerlike kaneelrolletjies en beskuit. Dus kan die deeg gedroog word vir die doel van beskuit. Verder sny ek dit in skywe en geniet dit soos gewone brood. By nadere ondersoek het ek gevind dat hierdie broodjie met die soet verrykte deeg en ‘n gerookte vleis vulsel afkomstig is van die Chinese broodkuns.

Resep
1 kg Koekmeel of Witbroodmeel
1 Kitsgis, pakkie van 10 g
500 ml Melk
140 g botter
100 g Suiker
2 Eiers
4 e Heuning
1 t Sout

Metode
1. Sif die koekmeel, gis en sout saam.

2. Verhit die melk, botter, heuning en suiker saam totdat die botter gesmelt is en laat afkoel tot lou warm.

3. Voeg die melk en geklitste eier by die koekmeel en knie totdat dit glad en elasties is.

4. Laat die deeg vir 45min rus of totdat dit verdubbel het in volume.

5. Weeg 150g bolletjies af en sit eenkant onder ‘n doek sodat dit nie uitdroog nie.

6. Maak solank spek repies gaar of heerlike spek worsies en laat afkoel.

7. Rol elke bolletjie ongeveer 3cm dik uit en rol dan op met ‘n stukkie spek in die middel. Die spek kan nog langs die kante uithang…dit lyk te mooi!

8. Laat weer rys vir 30 minute en bak dan by 200℃ vir 25-30minute.

9. Maak ‘n mengsel wat in die mikrogolf gesmelt word aan vir die glanslagie van die broodjies as dit klaar gebak het soos volg: 50ml Heuning, 50ml Witsuiker en 50ml water

10. Sodra die broodjies uit die oond kom smeer die stroop oor die broodjie en laat afkoel.

Bron: Annelien Pienaar, 2016, www.bosenbergguestfarm.co.za

Hoeveelheid: Ongeveer 12.

English Version

Recipe
1 kg Cake flour or white bread flour
1 Yeast pack of 10 g
500 ml Milk
140 g Butter
100 g Sugar
2 Eggs
4 t Honey
1 t Salt

Method
1. Sift the flour, yeast and salt.

2. Heat the milk, butter, honey and sugar together until butter is melted and let cool to lukewarm.

3. Add the milk mixture to the flour and knead until smooth and elastic.

4. Let the dough rest for 45 minutes or until doubled in volume.

5. Weigh balls of 150 g off and set aside under a cloth to prevent drying out.

6. Fry long strips of bacon or delicious bacon sausages and cool.

7. Roll each ball  to a thickness of 3 cm and roll up with a slice of bacon in the middle. The bacon can still hang on the sides … it looks pretty!

8. Allow to proof for 30 minutes, then bake at 200 ℃ for 25 – 30minute.

9. Make a mixture which is melted in the microwave for the glaze of the bread when it is finished baking: 50 ml honey, 50 ml white sugar and 50 ml water.

When the bread comes out the oven paint the syrup over the bread and let it cool.

Source: Annelien Pienaar, 2016 www.bosenbergguestfarm.co.za

Quantity: About 12.

Print Friendly, PDF & Email
2017-04-10T11:17:58+00:00 0 Comments

Leave A Comment