Hoender potjie

Hoender potjie

Vee sampioene met ‘n droë lappie af, moenie was nie anders absorbeer dit te veel water en jou eindproduk is loperig.

Julle gaan flambe, dit beteken alkhol word in die gereg gegooi en aan die brand gesteek sodat die alkhol kan verdamp, al wat dan oorbly is die geur van die brandewyn.

BOUQUET GARNI
Dit is ‘n bondeltjie met kruie en speserye wat in moeselien of gaasdoek saam geknoop word en in die gereg gesit word om saam te kook. Aan die einde van die kook proses word die bondeltjie verwyder. Vir hierdie resep het my bondeltjie die volgende speserye en kruie in.
swart peper korrels
½ t salie blare
1 t vars gemmer toontjie
kaneel stokkie
rooipeper korrels
½ t fennegriek (fenucreek)
Bind in bondeltjie vas en plaas in kokende gereg. Verwyder sodra die gereg gaar is net voor opdiening.

Hutspot…
80 g botter
3 e olyf olie
2 kg hoender stukke – werf hoender is die lekkerste
250 g spek repies – in stukkies gesny (hou 6 repies heel vir garnering)
150 g piekel uitjies
250 g knopies sampioene – heel – afgevee
100 g wortel
3 knoffel toontjies
700 ml hoender aftreksel
1 bouquet garni – bondeltjie kruie in lappie toegdraai
20 g koekmeel
takkies roosmaryn – vir garnering
sout en peper
loerier blare
1 pakkie sop poeier met 1 k water aangemaak

Smelt die helfte van die botter en al die olie saam. Braai die hoender stukke 6 – 8 minute lank totdat dit mooi bruin aan die buite kant is. Dit is nie nodig dat dit tot in die middel deur gaar is nie, ons het die kleur nodig. Die hoender gaan later in ‘n kasserol verder gaar gemaak word.

Sodra die hoender mooi bruin is, haal dit uit en braai die sampioene, uie en spek tot spek gaar is en verwyder van hitte en voeg by die hoender. Gooi die brandewyn oor die hoender en steek dadelik aan die brand.

Sodra die vlamme verdwyn het voeg die wortel, wyn, aftreksel en bouquet garni by.Voeg ook sout en peper na smaak by.

Laat die gereg baie stadig prut op die stoof of in die oond by 160 ˚ C vir 1 uur. Die hoender moet murgsag wees en amper van die bene afval.

Verwyder die bouquet garni en skep die hoender uit met die groente in ‘n mooi opdien skottel of individueel in die opdien borde sodat net die sous agter bly.

Voeg die sop poeier by die sous, bietjie op ‘n keer en klits met draadklitser deeglik deur voor die volgende bietjie bygevoeg word om klonte te voorkom. Die sous moet net weer warm gemaak word om goed te kan verdik.

Braai die spek repies tot heerlik bros onder die element van die oond. Gebruik as garnering.

PORSIES: 8 – 10 mense.

BRON: Hantie Bezuidenhout, aangepas en oorgeskryf deur Annelien Pienaar.

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-04-14T18:16:37+00:00 0 Comments

Leave A Comment