Vetkoek / Fried dough

Vetkoek / Fried dough

Ons het as kinders die hele plaas vol gespeel, selfs oor die grensdrade heen. Dan het my middelste sussie die gewoonte gehad om al wat leef en beef saam te sleep om te kom kuier…soms het die maats vir dae aaneen gespeel! Ons spot nou nog oor die een kind wat gepraat het van:”Jou Ma se Vetkoek!”

Vandag in my eie huis word “jou Ma se vetkoek” voortgesit as die maters kom kuier. Wat vir my altyd lekker is, as die kinders net een slapie sou kuier en dan kom die vraag elke dag vir 5 dae lank: “Tannie mag ek nog een slapie slaap, sal tannie my ma bel?” Komende van 16 jaar oue manne met die sagte baarde! Hier is my ma se resep!

Ps: Ek laat die kinders klein balletjies maak of vlegseltjies van die oorskiet deeg, sodra dit uit die olie kom gooi ek dit in koeksister stroop en rol in klapper. Amper soos die Lokma van die Turke!

Vir ‘n hol vetkoek stel ek voor om so 100ml water ekstra by te sit in die beslag. Die deeg moet slap wees. Sny die deeg deur met die mes af te druk en nie te sny. So seel die kante en stoom kan nie ontsnap nie. Indien jy ‘n deeg vetkoek verkies, hou by die resep soos aangedui. Lekker bak.

Resep
1 kg Koekmeel of Witbroodmeel
1 Sakkie kitsgis (10-14 g)
1 e Suiker
1 t Sout
100 ml Melk
1 e Botter of margarien
500 ml Sterk lou water
1.25 liter Sonneblom olie vir diepvet braai

Metode
1. Sif koekmeel met sout en suiker saam. Voeg dan die gis by die meel mengsel en roer goed deur.

2. Voeg die melk, botter en water by die meel mengsel en knie tot ‘n sagte deeg vir 10 minute.

3. Laat die deeg vir 30 minute rus om dubbel die volume te rys. Knie die deeg af en rol plat uit, ongeveer 3 cm dik. Nou kan jy vormpies druk of net in vierkante sny. Los die deeg weer so 10 minute terwyl die olie warm word.

4. Bak die vetkoeke tot ligbruin aan beide kante. Bedien met kerrie maalvleis!

Hoeveelheid: 20 medium vetkoeke.

Bron: Annelien Pienaar, 2016, www.bosenbergguestfarm.co.za

English Version

Recipe
1 kg Cake flour or white bread flour
1 Sachet instant yeast
1 tbsp Sugar
1 tsp Salt
100 ml Milk
1 tbsp Butter or margarine
500 ml Strong lukewarm water
1.25 l Sunflower oil for deep frying

Method
1. Sift flour with salt and sugar. Add the yeast to the flour mixture and mix well.

2. Add the milk, butter and water to the flour mixture and knead until a soft dough for 10 minutes.

3. Let the dough rest for 30 minutes to double in volume. Knead the dough and roll out flat, about 3 cm thick. Now you can press molds or simply cut into squares. Leave the dough again for 10 minutes until the oil is hot.

4. Bake until lightly browned on both sides. Serve with curry mince!

Quantity:  20 medium vetkoeke.

Source: Annelien Pienaar, 2016 www.bosenbergguestfarm.co.za

 

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-04-10T11:49:36+00:00 0 Comments

Leave A Comment