Groenbone en Sampioen Gereg

Groenbone en Sampioen Gereg

Sandra Saayman jy is net die beste. Ek het hierdie ongelooflike reseppie by haar gekry so ‘n rukkie gelede en toe getoets. Die dis is uiters veelsydig. Daarom kan jy dit saam met braaivleis, potjie, of as bykos by jou gewone kookkos bedien. Dit is heerlik…dankie Sandra!
RESEP
350 g Groenbone – franse styl gesny – skuins in lang repies
200 g Sampioene – afgevee en in skyfies gesny
100 g Uie
5 ml Sout
1 ml Peper
50 g Margarien – bak soort
15 ml Suurlemoensap
3 ml Aromat
¾ Pakkie sampioenroomsop poeier
125 ml Melk of room

METODE
1. Kook die bone in soutwater tot net sag, ongeveer 5 minute. Dreineer baie goed.

2. Verhit die margarien in ‘n pan en braai die sampioene tot sag.

3. Verwyder die sampioene eers van hitte. Voeg die suurlemoensap by en geur met aromat.

4. Voeg die soppoeier by die melk en roer baie goed sodat die mengsel nie klonte maak nie. Gooi die mengsel by die sampioen mengsel en sit terug oor hitte.

5. Voeg die bone en uie by, kook vir ongeveer 10 minute by matige hitte.

6. Bedien warm.

HOEVEELHEID: 4 – 6 porsies.

BRON: Sandra Saayman, 2015, getoets en verwerk deur Annelien Pienaar.

Print Friendly, PDF & Email
2017-03-29T18:20:09+00:00 0 Comments

Leave A Comment