Algemene omskakelingstabelle

Algemene omskakelingstabelle

250 ml of 1 koppie = hoeveel gram

A
All Branflakes: 50 g
Appelkose – gedroog: 150 g
Appelkoos konfyt: 330 g
Amandels – gevlok: 150 g
Aartappels – rou – gerasper: 125 g
Asyn: 250 g

B
Bruismeel: 140 g
Bruinbroodmeel: 140 g
Botter of Margarien: 230 g
Bruismeel: 140 g
Brood krummels: 125 g

C
Cheddar – gerasper: 100 g

D
Dadels: 150 g

G
Gemengde skil: 150 g
Gerolde koring: 200 g
Grondboontjies – gedop: 150 g
Geel wortels – gerasper: 125 g
Geel en bruin suiker: 200 g

H
Ham – gekap: 125 g
Hawermout: 80 g

K
Koekmeel: 140 g
Karringmelk: 240g
Klapper: 80 g
Koekie krummels – droog: 120 g
Koekie krummels – vars: 125 g
Kersies – gesny: 150 g
Kersies – heel: 160 g
Koekvrugte: 150 g
Koringkiem: 80 g
Konfyt – appelkoos: 330 g

M
Maaskaas – roomkaas: 250 g
Mozzarella – gerasper: 125 g
Mielieblom (maizena): 120 g
Margarien: 230 g
Mieliemeel – fyn: 160 g
Melk: 250 g
Melkpoeier: 250 g

N
Nuttywheat: 150 g
Neute – algemeen – ongesout: 100 g

O
Okkerneute: 100 g
Olie: 250 ml

P
Pruimedante – ontpit: 150 g
Pekanneute: 100 g
Papawersaad: 150 g
Pampoen – gaar – fyn: 225 g
Piesang – fyn gemaak: 225 g
Kellogs cornflakes: 50 g

R
Rosyntjies – korente en sultana’s: 150 g
Rys meel: 160 g
Rys – wit – bruin: 200 g
Rice Krispies: 35 g

S
Semolina: 160 g
Sjokolade splinters: 200 g
Semels: 30 g
Sprinkel neute: 150 g
Sesame saad: 150 g
Sonneblom saad: 150 g
Strooisuiker: 210 g
Sampioene: 70 g
Spinasie – rou: 200 g
Sap: 250 g
Stroop: 350 g
Suiker – wit – bruin – geel: 200 g

V
Versiersuiker: 130 g
Vla poeier: 120 g

W
Witbroodmeel: 140 g
Water: 250 g
Wheatbix: 50 g

Y
Yoghurt: 240g

 

OOND TEMPERATURE 
100 ˚ C = 200 ˚ F
110 ˚ C = 225 ˚ F
120 ˚ C = 250 ˚ F
140 ˚ C = 275 ˚ F
150  ˚ C = 300 ˚ F
160 ˚ C = 325 ˚ F
180 ˚ C = 350 ˚ F
190 ˚ C = 375 ˚ F
200 ˚ C = 400 ˚ F
220 ˚ C = 425 ˚ F
230 ˚ C = 450 ˚ F
240 ˚ C = 475 ˚ F

HOOGTE BO SEESPIEËL VIR INTERNASIONALE RESEPTE SE AANPASSINGS
Moenie kommer as jy in Suid Afrika woon nie. Hierdie inligting is van toepassing op ons internasionale lede wat ons resepte wil gebruik. Dus poog ek om hulle te help om ons resesepte met suskes daardie kant te bak. Indien jy graag internasionale resepte wil gebruik dink ek jy sal wel baat vind by die onderstaande inligting om dan dienooreenkomstig aanpassings te maak.

KOM ONS DOEN ‘N LEKKER TOETS!
Ek woon in die binneland en ons water kook teen 96 ˚ C hier by ons. Dus is my oond temperature vir my bakwerk soos in die resepte teen hierdie omstandighede aangepas. Kook bietjie jou water en meet of jy ‘n verskil kry? Indien jy by die kus woon sal jou water langer neem om te kook en teen
100 ˚ C eers kook. Wanneer jy die som doen is daar dus ‘n 4 grade verskil. So wat nou? Jy moet dus ‘n 4 grade aanpassing maak, of optel of aftrek.
Lekker toets!

OOND TEMPERATURE VOLGENS HOOGTE BO SEESPIEËL
900 m: verhoog oond temperatuur met 5 ˚ C / 25 ˚ F
1500 m: verhoog oond temperatuur met 10 ˚ C / 50 ˚ F
2100 m: verhoog oond temperatuur met 10 ˚ C / 50 ˚ F
3000 m: verhoog oond temperatuur met 10 ˚ C / 50 ˚ F

MEEL AANPASSINGS PER 250 ML / 140 G / 1 KOPPIE VOLGENS HOOGTE BO SEESPIEËL
900 m: bly net so
1500 m: bly net so
2100 m: vermeerder met 15 ml
3000 m: vermeerder met 15 ml

SUIKER AANPASSINGS PER 250 ML / 200 G / 1 KOPPIE VOLGENS HOOGTE BO SEESPIEËL
900 m: verminder met 0 – 15 ml
1500 m: verminder met 15 – 30 ml
2100 m: verminder met 30 – 45 ml
3000 m: verminder met 30 – 45 ml

BAKPOEIER AANPASSINGS PER 5 ML VOLGENS HOOGTE BO SEESPIEËL
900 m: verminder met 0 – 0.5 ml
1500 m: verminder met 1 ml
2100 m: verminder met 1 ml
3000 m: verminder met 1 ml

VLOEISTOF AANPASSINGS PER 250 ML / 250 G / 1 KOPPIE VOLGENS HOOGTE BO SEESPIEËL
900 m: vermeerder met 0 – 30 ml
1500 m: vermeerder met 30 – 45 ml
2100 m: vermeerder met 45 – 60 ml
3000 m: vermeerder met 45 – 60 ml

METRIEKE MATES
Teelepels (t)
Eetlepels (e)
Koppies (k)
knippie = 1 ml
¼ t = 2 ml
½ t = 3 ml
1 t = 5 ml
1 e = 15 ml
⅓ k = 80 ml
⅔ k = 170 ml
1 k = 250 ml
1¼ k = 315 ml
1½ k = 375 ml
1¾ k = 440 ml
2 k = 500 ml
3 k = 750 ml
4 k = 1 kg

ONSE (OUNCES) EN PONDE (POUNDS)
½ ons = 15 g
1 ons = 30 g
2 onse = 60 g
3 onse = 90 g
4 onse = 125 g
5 onse = 150 g
6 onse = 180 g
7 onse = 210 g
8 onse = 250 g
1 pond = 500 g
2 pond = 1 kg

PINTE EN ML
30 ml = 2 e
60 ml = 4 e
150 ml = ¼ pint
300 ml = ½ pint
450 ml = ¾ pint
600 ml = 1 pint
900 ml = 1½ pint
1.25 liter = 2 pinte
1.8 liter = 3 pinte
2.5 liter = 4 pinte

LINKS VIR EKSTRA HULP 
https://www.spar.co.za/Tips/View/Food-Tips/Converting-Grams-to-Mililitres

Print Friendly, PDF & Email
2017-03-25T12:26:19+00:00 0 Comments

Leave A Comment