Weense Appeltert

Weense Appeltert

Hierdie resep van Christo de Beer is heerlik en klam. Dit word met Brandewyn gegeur nadat dit gebak is. Indien jy nie alkohol mag in neem nie het ek ‘n twist wel by gesit. Groot bederf hierdie tert! Vir ‘n heerlike kinkel bedruip die appeltert met ‘n heerlike karamel sousie.

RESEP
1 x 410 g blik tertappels
½ – ⅓ kop suiker (ek gebruik ‘n ⅓ koppie, anders te soet)
1 k sultanas sowat 1 uur geweek in appel likeur en dreineer (kan ook in appelsap geweek word)
1 e maizena – op gehoop
1 e vla poeier – op gehoop
1 t kaneel
knippie sout
skil van een suurlemoen – rasper dit in

METODE
1. Meng alles saam sodat bestanddele kan klam word. Moet onder geen omstandighede enige vloeistof by voeg nie.

KORS
2 k Koekmeel
200 g Botter (¾ koppie)
½ k Wit suiker
1 Ekstra groot eier
2 t Bakpoeier
¼ t Sout

SOUS
½ k Brandewyn (appelsap vir diegene wat nie alkhol mag neem) of
½ k Water met 5 ml rum geursel gegeur
2 e Versiersuiker – hoogvol

METODE
1. Meng al die kors se bestanddele saam. Weereens, moenie ekstra vog byvoeg nie.

2. Rol ⅔ van die deeg uit en plaas in gesmeerde tertbord.

3. Prik die bodem met vurk en gooi vulsel in.

4. Rol die res van die deeg uit en sny lang stroke ongeveer 7 mm breed en vleg (latice) oor vulsel.
Sny ook ‘n strook vir rand.

5. Verf deeg met melk of geklopte eier.

6. Plaas in oond en bak vir ongeveer 30 – 40 minute in matige oond 170 ˚ C.

7. Terwyl tert bak meng ½ koppie brandewyn met 2 eetlepels versiersuiker tot loperige stropie.

8. Sodra tert uit die oond kom gooi teelepels vol van die stroop in die gaatjies / openinge bo op tert. Die sous / stroop trek in die kors en vulsel in.

9. Geniet met ‘n lekker lepel styfgeklopte room of die twist, slated caramel stroop, loer onder souse!

BRON: Christo de Beer. 2015, www.bosenbergguestfarm.co.za

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-04-05T08:41:03+00:00 0 Comments

Leave A Comment