Hummingbird koek met ‘n twist

Hummingbird koek met ‘n twist

Geskiedenis van die Hummingbird koek 
Daar is ongelooflik baie stories rakende die oorsprong van die Hummingbird koek. Die storie wat vir my nogal sin maak is. In die laat 50ger jare het Jamaika gesukkel met toerisme in hul land.
Hulle het opdrag gekry om ‘n koek wat uniek is aan hul eiland te maak, wat dan na Amerika gestuur sal word en deur die beste Koskenners geproe en bemark word. Die resep is saam met die koek Amerika toe en die res is geskiedenis.

Nou wat is die Hummingbird koek?
Hierdie koek is die stamvader vir die wortelkoek. Dit is die eerste koek in geskrewe en gedrukte media waar olie in ‘n koekbeslag gebruik word in plaas van botter of vet. Dit het net piesang en pynappel in met kaneel as die hoof spesery.

My kinkel op die koek
Ek het die pynappel uitgelaat en butternut in gerasper. Die koek is nog steeds heerlik klam en sponsig.

Resep
3 k koekmeel
2 k suiker
1 t sout
1 t bakpoeier
1 t koeksoda
1½ k sonneblomolie
1½ t vanilla
230 g pynappel – fyn en gedreineer — Variasie: 1 kop botterskorsie in plaas van pynappel
2 k piesangs
1 k pekans – grof gekap
1 t kaneel
knippie gemmer
knippie neutmuskaat
3 eiers

Metode
1. Klits eiers en suiker tot lig en donsig.

2. Voeg die olie in ‘n straaltjie by en hou aan klits totdat al die olie in is en die mengsel weer dubbel die volume is.

3. Sif die droë bestanddele saam.

4. Meng die piesang en botterskorsie saam.

5. Bak by 170 ˚C vir 45 minute of totdat die toets stokkie skoon uitkom.

6. Laat goed afkoel voordat die koek in lae gesny word.

7. Ek laat die koek vir 12 ure of oornag staan in koekblik om die geure beter te laat ontwikkel.

Suiker Stroop
Die funksie van die suiker stroop is om krummels minder te maak en ook die lae vogtig te hou. Veral as jy koeke se kante moet versier is dit ‘n goeie “crumb coating”.
Het jy al die probleem gehad dat wanneer jy die wit versiersel so om die kante van die koek smeer die versiersuiker vol krummels word? Wel die suiker stropie help daar teen.
Dan ook die tegniek waarmee jy die versiersel op sit maak of breek die koek.
As jy smeer moet jy die koek draai en die spaan van die koek laat af gly in een beweging, moenie die spaan oplig nie. Dit is met die oplig slag dat jy die versiersuiker lostrek van die kant van die koek!
Dieselfde reel geld vir die bokant van die koek.
Voordat die koek in lae gesny word spuit dit met die suiker water wat jy gekook het van 1 kop water en 1 kop suiker. Los die suiker en water oor matige hitte in kastrol op en sodra die suiker opgelos is, kook dan vir 1 minuut. Laat die mengsel goed afkoel en plaas in spuitbottel.
Die stroop kan vir maande in die yskas hou.
MOENIE die stroop probeer spuit as dit direk uit die yskas kom nie. Dit gaan baie dikker wees.
Plaas in warm water om weer loperig te word.

Hoeveelheid: 3 ronde koeke van 23 cm deursnit – 6 laag koek.

Bron: Readers Digest Complete Guide to Cookery en aangepas deur Annelien Pienaar.

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-04-08T19:28:20+00:00 0 Comments

Leave A Comment