Piesangbrood met ‘n twist

Piesangbrood met ‘n twist

Kyk ek kan die wonder van ‘n piesang nie genoeg besing nie! Van gesondheids voordele tot in kos.
Omdat piesangs hoog in Kalium en Magnesium is neem die liggaam dit dadelik op omdat dit in sy natuurlikste en eenvoudigste bron voorkom. Hoe wonderlik is dit nie? Dit voorkom spier krampe, as jy bloeding het soos met ‘n neus dan eet jy so 2 piesangs en die bloeding stop na ‘n rukkie. Dit gee ‘n diabeet wat se suiker val ‘n hupstoot en vir sportmanne ‘n goeie energie bron.

Hierdie piesangbroodjie is vir my ‘n noodbroodjie, ek bak sommer 20 op ‘n slag as ek goedkoop papperige piesangs kry, dit vries soos ‘n droom en smaak heerlik as dit ontdooi word. Ek kroek so bietjie en verhit dit in die mikrogolf oond en bedien dit lou warm, my kinders is dol oor die piesangbrood. Ek maak ook kolwyntjies met hierdie beslag en sit papawersaad (30 ml) en pekans (100 g) in vir ‘n twist.
Lekker bak!

Resep
120 g Botter – sag en by kamertemperatuur
140 g Suiker
2 Eiers, ekstra groot
4 Piesangs, medium grootte
15 ml Suurlemoensap
240g Koekmeel
knippie Kaneel
knippie Sout
5 ml Koeksoda
2.5 ml Bakpoeier
40 ml Melk

Metode
1. Klits die margarien en suiker saam tot lig geel en donsig. Die klits proses neem ongeveer 5 minute.

2. Voeg die eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging. Moenie kommer nie, dit gaan lyk of die eiers en botter skif, hou net aan klits.

3. Maak die piesangs fyn en voeg die suurlemoensap by om verkleuring te voorkom. Die suurlemoensap dien ook as katalisator vir die koeksoda om te reageer.

4. Sif al die droë bestanddele soos koekmeel, sout, koeksoda, bakpoeier saam.

5. Voeg die meel en melk en piesangmoes om die beurt by die suiker en eiermengsel.

6. Bak by 180 ˚C vir ongeveer 45 – 60 minute of totdat die toets stokkie skoon uitkom.

Hoeveelheid: 2 medium grootte brode.

Bron: Hantie Bezuidenhout, 2000.

Print Friendly, PDF & Email
2017-04-10T13:00:12+00:00 0 Comments

Leave A Comment