Pesto: Basillie en songedroogde tamatie

Pesto: Basillie en songedroogde tamatie

Les

1. Pesto is ‘n klassieke Italiaanse sous, oorspronklik van Genoa.

2. Bedien saam met warm pasta asook pastaslaaie en soppe.

3. Vandag gebruik ons pesto saam met broodjies vir voorgeregte soos canapés (oop broodjies wat dekadent en mooi versier is).

4. Pesto kan vir ‘n week in die yskas gestoor word met ‘n lagie olie bo-oor of kan suksesvol bevries word.

5. Die mengsel het baie olie in omdat die bestanddele met mekaar moet emulsifiseer….al die bestanddele bly in suspensie en skei nie van mekaar…soos mayonnaise.

 

 

BASILLIE PESTO
RESEP
45 g basillie blare – gewas en gedroog
knoffel toontjies – afgeskil
40 g dennepitte (omdat dit so duur is gebruik ek soms Pekans en amandels)
125 g gerasperde Parmesan kaas
175 ml olyfolie
sout en peper na smaak

METODE
1. Puree die basillie kruid, knoffel, dennepitte, parmesan en 3 eetlepels van die olyfolie saam tot baie fyn.

2. Terwyl die lem draai voeg ‘n baie dun straaltjie olie by totdat die sous emulsifiseer.

HOEVEELHEID: Maak 450 ml pesto.

SONGEDROOGDE TAMATIE PESTO
RESEP
25 g dennepitte of ander neute van keuse
2 knoffel toontjies
225 g songedroogde tamaties in olie – gedreineer en grof gekap
* week ongeveer 100 g droë tamaties in kookwater vir 1 uur en kan dan vir bg gebruik
1 el growwe sout
25 g Parmesan gerasper
125 – 150 ml olyf olie

METODE
1. Rooster dennepitte in pan tot lig bruin, 60 sekondes.

2. Plaas dennepitte, knoffel, tamaties en sout in voedselverwerker en maak fyn.

3. Voeg ‘n dun straaltjie olie by terwyl die masjien se lemme draai totdat die mengsel ge-emulsifiseer is.

LEWER: 350 ml

Print Friendly, PDF & Email
2017-03-25T12:44:54+00:00 0 Comments

Leave A Comment