Wortelkoek Muffins (Lae Koolhidrate En Gluten Vry)

Wortelkoek Muffins (Lae Koolhidrate En Gluten Vry)

Wat vir my so wonderlik is van hierdie resep is dat dit vir Diabete en ook Gluten allergië geskik is. Dit kan as koek op sy eie gebak word en ook as kolwyntjies of ‘n broodjie.
Onthou met die kolwyntjies om die tyd met 10 minute te verkort.
Ek weet die amamdel meel is baie duur, maar jy kan die gebakte muffins vries en uithaal soos benodig.
Een wenk as jy hierdie muffins weer wil laat lewe kry nadat dit gevries was, 5 minute in die oond teen 180 ˚ C en jy het weer ‘n wonderlike vars muffin!

Resep
1½ kop amandel meel (amandels wat baie fyn gemaal is)
¼ tl sout
1 tl bakpoeier
½ tl kaneel – fyn
knippie neutmuskaat – fyn
knippie gemmer – fyn
3 jumbo eiers
1 el vanielje geursel
1 tl Natreen – liquid
2 el sonneblom of Canola olie
1½ kop wortels – fyn gerasper
½ kop pekans

Versiersel
200 g roomkaas
½ tl Natreen – liquid
½ tl vanielje geursel
100 ml vars room

Metode
1. Voorverhit oond na 180 ˚C en berei panne voor.

2. Meng al die droë bestanddele van die koek saam, amandelmeel, speserye, sout en bakpoeier en sif deeglik saam.

3. Meng al die vloeistowwe saam in ‘n aparte bak, eiers, versoeter, olie, vanielje en roer deeglik.

4. Voeg die wortels en pekans by die vloeistowwe en meng weer deeglik.

5. Bak vir ongeveer 18 minute vir kolwyntjies en 25 – 35 minute vir koek en broodjie.

6. Laat goed afkoel voordat die versiersel opgesit word.

Versiersel
Plaas al die bestanddele in mengbak en meng met klitser of voedselverwerker deeglik deur en versier die kolwyntjies.

Elke muffin bevat
215 kaloriëe
20g vet
6 g protein
3 g netto koolhidrate per 100 g

Hoeveelheid: 12 muffins.

Bron: Annelien Pienaar, 2013, Voedsel en Voeding.

Lees verder by die volgende skakel oor hoe Low Carb diets werk.

http://www.walkfromobesity.com/has-your-weight-loss-stalled-out/

 

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-04-08T19:32:34+00:00 0 Comments

Leave A Comment