Murgpampoen bros skyfies

Murgpampoen bros skyfies

Ons geniet hierdie chippies by ons braai en kuiertjies met ‘n heerlike knoffel doopsousie of as ‘n bykos saam met ander groente disse.

12 groot Murgpampoentjies, R 5 grootte
50 g Parmasaan kaas
500 g Broodkrummels – vars
1 Eier
50 ml Melk
750 ml Kookolie

Sny die pampoentjies in papier dun skyfies. Klits die eier en melk saam en voeg ‘n knippie sout by.

Plaas in die eier en melk mengsel. Doop die skyfies in broodkrummels en laat 30 minute staan voordat dit diepvet gebraai word.

Diepvet braai die skywe baie vinnig en sodra dit uit die olie kom sprinkel met parmasaan kaas.

Bedien warm of koud met doopsousie.

HOEVEELHEID: 8 – 10 porsies.

BRON: Annelien Pienaar.

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-05-01T19:53:22+00:00 0 Comments

Leave A Comment